ONTMOET VIR PROF PLOF

Prof Plof is ‘n opwindende karakter wat wetenskap en geloof op ’n prettige manier bymekaarbring – ’n verstrooide, vriendelike professor met ’n hart vir kinders en ’n passie vir die Bybel.

Prof Plof gebruik eenvoudige, veilige wetenskaplike eksperimente om belangrike Bybelse waarhede op ’n visuele, praktiese en verstaanbare manier aan kinders oor te dra. Of dit nou gaan oor geloof, gehoorsaamheid, vergifnis of liefde – Prof Plof se laboratorium is altyd vol verrassings, vonke en waardevolle lesse.

Met sy wit laboratoriumjas, wilde hare en entoesiastiese persoonlikheid trek Prof Plof kinders se aandag en wen hulle harte. Sy doel? Om jong kinders nie net nuuskierig oor die wêreld te maak nie, maar ook om hulle te wys hoe God se Waarheid in alles rondom ons gesien kan word.

Prof Plof sal graag by jou skool of kinderkerk kom kuier om ’n les en eksperiment te doen!