WIE IS ONS

Kroonkinners is die hart en visie van Fanie en Halrika Breytenbach, om kinders te bereik met die evangelie en hul te verreik en leer uit God se Woord. Hulle wil kinders van ‘n jong ouderdom laat besef dat hulle kroondraers vir Jesus is en dat kinders met hul ware identiteit gesetel in Christus ‘n impak in die wêreld kan maak om God se Koninkryk te bou. Kroonkinners gebruik verskeie middele wat tot kinderharte spreek, soos toneelspel, aktiwiteite, boeke en musiek.

Kernwaardes

  1. Geloof: In alles wat ons doen, wil ons God se woord en waardes weerspieël.
  2. Kreatiwiteit: Om speelse, interaktiewe metodes te gebruik om leer en geloof interessant te maak.
  3. Eenheid: Ons wil graag kinders en families van verskillende agtergronde saamtrek en in Jesus se teenwoordigheid bring.
  4. Integriteit: Om eerlikheid en konsekwent te wees in bediening en produkte wat ons bied.
  5. Invloed: Om ’n positiewe verskil in kinders en gesinne se lewens te maak en hulle te bemagtig om ‘n impak in hul omgewing te maak.

ontmoet vir prof plof

Agter Prof Plof se kwinkslae en meesterlike lessies, staan sake- en gesinsman, Fanie Breytenbach. Met 25 jaar se ondervinding in die kinderbediening, is dit vir Fanie ‘n passie om kinders met humor meer van Jesus te leer – en om hulle op te rig in die Woord deur Bybelse beginsels op ‘n praktiese manier vas te lê. Kroonkinners is ‘n interkerklike kinderbediening, met die visie om gesinne nader aan God en aan mekaar te bring.

Hy is 21 jaar getroud met Halrika en hulle is die ouers van ‘n 16-jarige prinses, Amé. Sy gunsteling tydverdryf is speletjies- en fliekaande saam met sy gesin, hy geniet ‘n goeie koffie, ‘n “halfgaar” steak en wit sjokolade, of enige kinderlekkergoed!

meer oor die skrywer

Halrika Breytenbach, ‘n kommunikasiekonsultant, is versot op stories en glo dat opbouende woorde kan heelmaak. Sy wil graag ‘n impak met haar woorde maak en stories vertel wat kinders help om Jesus beter te leer ken en sodoende ook Bybelse beginsels beter te verstaan. Gertruida Gans leer ‘n les is haar debuutkinderboek.

Sy het ook ‘n musiekbediening en dis haar passie dat mense hulle ware, Godgegewe roeping moet ontdek en uitleef. Die see is haar gunsteling plek, veral as sy dit saam met haar gesin kan bewonder.