KROONKINNERS is ‘n interkerklike kinderbebediening met die visie om gesinne nader aan God en aan mekaar te bring.

Kroonkinners

is ‘n interkerklike kinderbediening met die visie om gesinne nader aan God en aan mekaar te bring.

Die missie van Kroonkinners is om ’n generasie te vorm wat God se liefde en waardes verstaan en uitleef. Hul doen dit deur middel van ’n kreatiewe en praktiese bediening wat kinders se geloof en karakter wil versterk en hulle sal inspireer om as kroondraers vir Jesus te leef.

GERTRUIDA GANS
LEER 'N LES

Gertruida Gans woon saam met haar ouers by Vygieboomdam. Sy verontagsaam Pappa en Mamma Gans se reël, verdwaal en beland amper in groot moeilikheid. Gelukkig kom Hanna Hadida tot haar redding. Gertruida leer ‘n belangrike les: reëls is daar om ons te beskerm en ongehoorsaamheid het gevolge.

Hierdie pragstorie leer kinders die Bybelse beginsel om aan hulle ouers gehoorsaam te wees. Daar is ook ‘n feitegids met vrae agterin om die beginsel vas te lê.

Nou beskikbaar!

“Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle.”

Lukas 18:16